Ek was onlangs saam met Cathy by een van ons gunsteling drinkgate, Dos Lesbos, waar al die oulike meisies in hul combat trousers uithang. (Dis natuurlik nie vir my nie, jul gunsteling slet het afgekom op ‘n great webwerf met patrone vir korsette – my nuwe fashion statement. Maar ek dwaal af.)
Terwyl ek so aan my Martini staan en smul en uittoring bo die miernes, gewaar ek skielik ‘n staatsgeheim. Ontbloot hier reg voor my oë. Ek kon dit amper nie glo nie. Die Britse wetenskaplikes het sowaar ‘n loophole in die wet gevind om legally met human cloning te eksperimenteer: laat die proefkonyne los in soho…. almal lyk mos dieselfde…
Waarom lyk so baie gay couples dieselfde? Nie dat ek enige iemand judge nie, ek vra maar net. Ek’s nog nie so lank in die skewe bos besigheid nie. Miskien mis ek iets? Of dalk het daardie slim wetenskaplikes werklik die kuur gevind tot een van ons samelewing se grootste kwellings, naamlik eensaamheid. Of is dit egotisme?
Wat is daardie ou cliché: you must love yourself before u can love another. Well there you go. Probleem opgelos. Want jy kyk heeltyd in ‘n spieël. Dog nie ‘n koue doodeerlike een nie. Nee, die een kom met benefits. Maar as ek heeltyd wil in ‘n spieël kyk, hoekom moet ek my kamer verlaat?
Wat dit vir my en jou beteken, my toegewyde leser, is dat daar waarde is in narsisme. Die wêreld draai om sy eie as en so lyk dit my, die mensdom ook. Of raak ek nou net irriterend?
“En wat van my?”, hoor ek ‘n koor van lesers vra. Wel, hierdie brunette kan nie help sy lyk soos ‘n wulpse amazone nie. Niemand lyk soos ek nie. Of miskien het ek net nog nie hard genoeg gesoek nie. Ek sien Bionic Woman wys hedendaags in die bioskoop (en sy’s Brits!) miskien is daar wel hoop vir my om ook te verdrink in myself. Of dalk ’n soulmate te vind? Dalk sit ek die troon heeltemal mis? Miskien is dit die bekende in die onbekende wat so aanloklik is, wie weet?
Al wat ek van seker is, is dat ek eerder hou wat ek het. Ek bly vir nou by my oulike kort girlfriend met blonde haartjies. Ek dink in elk geval nie die wêreld is gereed vir Babette maal twee nie...
|