Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Nesskrop

nesskrop


Nesskrop

Babette soek haar ewe beeld

Rentia gee raad

Rentia gee Raad

Babette hou die blink kant bo

Nesskrop

Babette skop haar skoene uit

Rentia gee Raad

Rome kunstenaars paradys

Die Spanjaard se reis

Dit was met ‘n lekker lang stap deur Hyde Park, dat ek skielik opgemerk het, dat die grys van die winter, sommer so saam-saam met die wolke, wat die afgelope paar maande dik gehang het, skielik weggewaai het en plek gemaak het vir n simfonie van kleur!

Die son is uit en skielik glimlag almal weer. Die somer is hier, so vier hierdie heerlike warm tyd van die jaar met ‘n slaapkamer makeover! Word geïnspireer deur die kleure van die blomme in die park, of die ligblou kleur van die lug op wolklose lang dae. Aangesien jy in die aand hier tot rus kom, gebruik jou gunsteling kleur en nooi op hierdie manier, die somer in jou huis in.

Nuwe beddegoed is ‘n maklike en goedkoop manier om jou kamer te verander. Hulle se mos: change is as good as a holiday.  Dit sal jou dadelik laat beter voel as jy in die aand by die huis kom.  Daar is baie opsies om van te kies. Met relatief goedkoop winkels soos Ikea en Argos, kan jy werklik jou kamer in ‘n lus vir die oog omskep.

Jou budget is die eerste en belangrikste ding om te oorweeg. Besluit op jou kleur skakering en gaan kies dan beddegoed wat jou oog vang. Dit moet tog iets wees wat jy van hou en nie noodwendig net ‘n mode gier wees nie! Dekor items kan aangevul word soos wat jou budget dit toelaat, maar ‘n moet in enige kamer is ‘n bedkassie en ‘n bedlampie.

Ek het by twee Suid-Afrikaners gaan inloer om te kyk hoe hulle hierdie taak aangepak het:

In die eerste kamer is die fokus gebou rondom ‘n gunsteling prent wat vanaf Suid-Afrika saam gebring is. Die helder kleure in die prent word herhaal in die keuse van beddegoed. Haar gunsteling kleur is turquoise en die het sy herhaal in die kussinkie op die bed. Die kamer het ‘n warm, cosy gevoel as gevolg van die warm kleure (rooi en oranje) wat gebruik is.

Die volgende nesskropper het haar kamer minimalisties en modern gehou met behulp van sterk kleure soos rooi en swart. Die swart en wit prent teen die muur dra by tot die kamer se moderne look en gevoel.
 ndien jy nie so waaghalsig wil wees nie, onthou neutrale kleure is net so goed en kan ‘n rustige, elegante effek op n vertrek hê.

Kleur is n baie belangrike element van huis-mooimaak. So, besluit op nuwe interessante beddegoed, voeg ‘n paar kussinkies by, ‘n kleurvolle prent vir die muur en siedaar, jou kop-neersit plek, het skielik in ‘n hawe vir‘n moeë reisiger verander!
Indien jy graag met jou nessie wil spog, kontak my gerus en ek sal kom inloer om vir ons lesers te wys hoe jy nesskrop!!
Tot volgende maand! Lekker nesskrop!!




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Homecoming Revolution

Visit Homecoming Revolution

Visit uproar fmx

Visit Exchange 4 Free

Visit SA Property Monthly

Visit Prime Circle

Visit Everything SA

Visit sterling property

Visit intergate

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass