Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Nicro Gala Dinner

Visit Homecoming Guide


Nesskrop

nes


Nesskrop

Babette soek haar ewe beeld

Rentia gee raad

Nesskrop

Rentia gee Raad

Babette hou die blink kant bo

Babette skop haar skoene uit

Rentia gee Raad

Rome kunstenaars paradys

Die Spanjaard se reis

Dis NOG ‘n koue, grys, reënerige dag in Londen... en terwyl ek die gordyne van my kamer ooptrek, trap die reëndruppels plat hartseer traan spore teen die venster...hierdie tipe weer laat jou mos na blou-lug-sonskyn-dae verlang. Elandri Stricker-Timmermans

Dis toe die trane die reëndruppels begin oorheers, dat ek beluit: genoeg is genoeg! Aan die weer kan ek absoluut boggerol doen en my trane gaan beslis nie die traan-spore teen die vensters verminder nie... maar die een ding wat ek KAN verander, is die plek wat ek HUIS noem, die plek waar ek in die aand tot stilstand kom. My nessie...

Ek bevind myself gereeld, na ‘n besoek aan vriende of familie se huise hier in Engeland, gefassineer met die wyse waarmee ons Suid-Afrikaners ons (aaklige) grotte, kleine woonstelletjies of reuse Engelse paleise versier en mooi maak, maar ook hoe ons steeds “true” bly aan ons Suid-Afrikaanse herkoms. Elkeen doen dit op ‘n ander manier, maar ons het een ding in gemeen... Op watter wyse ookal, ons bring ‘n stukkie van warm Suid-Afrika in ons blyplekke in. Dis mos hoe ons groot geword het...ons Suid-Afrikaners hou mos van nesskrop. Miskien het dit te make met ons onthaal/braai- kultuur en die warmte waarmee ons vriende en familie graag na ons huise nooi.

NESSKROP wil jou graag maandeliks  inspireer en wys hoe jy met min geld en BAIE kreatiwiteit, absoluut MAL kan raak en ook jou blyplekkie hier in Engeland kan versier en jou nes in ‘n vreugdevolle ligpunt verander.

Hierdie maand gesels ons vinnig oor kleur. In Suid-Afrika word mens bederf met kleur en aanvaar ons dit vanselfsprekend. Dis juis wanneer jy uit daardie gemaksone weggevat word, dat die kleurloosheid van hierdie wêreld jou opval: die GRYS mense,  GRYS geboue, weer, persoonlikhede...

Dus, bring die pret van die lewe terug in jou blyplek en lewe met behulp van KLEUR. Kleur kan jou vertrek dadelik ophelder en staan in skrille kontras met die res van hierdie grys omgewing. Al is jy nie ‘n uitbundige kleurverslaafde nie, jy kan steeds op ‘n selektiewe manier, kleur toevoeg tot jou huis met behulp van dekor items soos scatter cushion, blomhouers, helder prente en muurbehangsels of net ‘n lekker kleurvolle mat voor die televisie.

Volgende maand kyk ons bietjie verder na kleur en gaan loer ons in by ander Suid-Afrikaners, wat met behulp van kleur-toevoeging, hulle slaapkamers ‘ facelift gegee het.
Tot volgende maand!
Lekker nesskrop!




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Exchange 4 Free

Visit intergate

Visit Prime Circle

Visit Homecoming Revolution

Visit SA Property Monthly

Visit Everything SA

Visit sterling property

Visit Homecoming Revolution

Visit uproar fmx

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass