Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Babette skop haar skoene uit

slet


Nesskrop

Babette soek haar ewe beeld

Rentia gee raad

Nesskrop

Rentia gee Raad

Babette hou die blink kant bo

Nesskrop

Rentia gee Raad

Rome kunstenaars paradys

Die Spanjaard se reis

Jy weet, daar’s iets aantrekliks, iets WILDS oor om op die bed te kafoefel met jou skoene aan. Die beddegoed te betrap, die elastisiteit van jou g-string te toets op jou dye, terwyl jou skaamte aan die element oorgelaat word. Maar sonder jou skoene is dit kouse uit, kouse uit, KOUSE UIT sê ek!

Ekskuus. Val ek so met die deur by die doos in.

Getroue lesers sal merk dat my taalgebruik drasties vervuil het. Ek maak apologie. Dis die nuwe roeping van my wat die slet in my wakker gemaak het. Ja, ons elkeen het een. Ook jy boerseun. My roeping? Wel, vir tyd en wyl foonseks. FOONseks, vir die hardhorendes. Foonseks wat my beursie laat ontplof. Foonseks… is aan die orde van die dag en so oud soos die mens self. Wat dink jy het Delila in Simson se oor gefluister terwyl sy so sy lokke gesnoei het?

In elk geval, so gepraat van die taal: wat was daai idioom nou weer? ‘n Kas is vir klere. En ’n doos vir skoene? I beg to differ...of te wel ek bieg om te differensieer...ek brei uit. Ek spat uit! Ek trek los, sonder om my skoene uit te trek…Daar is soveel meer aan ’n doos. Waarvan praat die waansinnige vrou? Ek voel soos ‘n wafferse undercover agent. Ek ondersoek die onbekende Londen. Of die onbekende ek in Londen. Het jy dit al ondervind? Soms kom daar ’n sy van jou te vore in hierdie besige miernes wat jy nooit geweet het bestaan nie. Dit kan natuurlik ’n goeie of slegte sy wees. Ek ondersoek tans hopelik ‘n goeie kant van my, my skewe kant, die beer in my, die lesbiër.

Gepraat van sye. Cathy lê graag op haar linker sy, so onder die komberse met ’n agenda ingedagte....Mens moet ’n bietjie laat gaan soms, jou skoene uitskop, soos hulle sê, om die lewe werklik te waardeer. En ek WAARDEER al die nuwe kennis in my lewe...Miskien is die nuwe spioenasie-gier en my huidige amp slegs die kruin van ’n golf van kennis van goed en kwaad. Maar wie gee om?  Ek hoef nie vir altyd kaalbas, arm kaalVOET rond te loop nie en daar’s soveel skoene om van te kies, persoonlikhede om aan te neem... (Apologie as ek filosofies raak. Dis alweer die invloed van my huidige pos as foonSLAAF, foonMEESTERES of watter fantasie jy ook al vandag wil hê. Maar meer oor die mans en hul drome volgende keer…)




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit intergate

Visit sterling property

Visit Everything SA

Visit Exchange 4 Free

Visit Homecoming Revolution

Visit SA Property Monthly

Visit uproar fmx

Visit Homecoming Revolution

Visit Prime Circle

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass