Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Rentia gee raad

rentia


Nesskrop

Babette soek haar ewe beeld

Rentia gee raad

Nesskrop

Rentia gee Raad

Babette hou die blink kant bo

Nesskrop

Babette skop haar skoene uit

Rentia gee Raad

Rome kunstenaars paradys

Shirley-Joanne skryf in groot angs aan Rentia en verduidelik wat gebeur het met haar versameling dekoratiewe volstruis eiers

Liewe Rentia,

Ek versamel graag volstruiseiers, versier met verf of decopage, staande op vergulde goue drie-poot staandertjies. Van hulle is selfs gekerf met die allermooiste patrone! Ek het hulle begin versamel toe ek as tiener my eerste eier in 'n winkeltjie net buite Oudshoorn ontdek het, en van toe af is ek heeltyd op die uitkyk vir nog, of met skaars motiewe. Dit is amper soos 'n lewensstyl en ek is fanaties oor die 'cause' en baie trots op my eier kamer (ek het 'n kamer laat aanbou om al my eiers te huisves).

Onlangs het 'n vriendin en haar eggenoot  'n vreeslike donker en bakleierige fase deurgemaak, en ek was haar skouer deur dik en dun.  Dinge het begin beter gaan en dit het gelyk asof hulle die lig kan sien aan die einde van die tonnel en hulle liefde vir mekaar sal kan her-koester.  Een aand lui sy my op die koordloos, en sy is al huilend en trane.  Ek nooi haar toe na my kompleks vir 'n goeie praaitjie  en 'n sterk drankie (espresso).  Maar toe ek die deur oopmaak, slaan een allemintige alkoholwalm my plat in die gesig. Sy was dronk!  Baie dronk!!  En daar nooi sy haarself sommer in, en tussen histeriese gelag en gehuil vertel sy dat hulle gaan skei. Na 'n paar espresso's het sy bedaar en is sy toe badkamer toe. 

Dis toe dat ek een bulderende slag hoor... Verskrik hardloop ek toe na my eier kamer... Sy het by die verkeerde deur ingegaan en in die donker, opsoek na die skakelaar, 'n hele rak eiers vernietig!  Van my mooistes ook nog.  Ek het amper uitgepass en huilend op my knieëe tussen al die eierdoppe neergeval en bymekaar geskraap wat ek kon.  Toe ek weer sien het sy net eenvoudig huis toe gegaan en my net so gelos, skade en al!  Nie eers jammer of totsiens nie, ek was soo seergemaak en kwaad! Nou ontken sy dit heeltemal en dink ek maak stories op. Hoe konfronteer ek haar oor haar gedrag, die koste van die skade en haar klaarblyklike drank probleem??  Ek wil nie my vriendin verloor nie, maar haar lewe spiraal uit beheer uit en nou is ek ook nog amper eierloos. Help!

Shirley-Joanne


Liewe Shirley-Joanne
Jou arme mens.  Eerstens wil ek net noem dat ek jou werklik bewonder vir die sorgvuldigheid waarmee jy jou stokperdjie hanteer en uitleef.  Dit is gewis die eerste keer dat ek hoor van iemand wat selfs ‘n spesiale eierkamer laat aanbou het. Ek het self ook kennisse wat ‘n paar versierde volsruiseiers besit. Een kennis het ‘n hele versameling wat al die Nationale Parke van ons land uitbeeld.  Jou hart moet definitief aan skerwe wees.  Jy weet, ek staan verstom oor die feit dat mense so maklik na ‘n bottle gryp om hulle sorge mee te verdrink. Daar is tog ander maniere waarop jy jou frustasies en hartseer kan hanteer. Ons Oosterse bure gebruik byvoorbeeld al jare lank asemhalingsoefeninge tot groot sukses.

Ek het definitief simpatie met jou vriendin se situasie, maar hoe hartseer is dit nie dat dit so ver moes uitkring en jou eiervarsameling ook in die slag moes bly nie.  Ek dink jy moet haar weer nooi vir ‘n espresso en mooi aan haar jou gevoelens oor die ongeluk verduidelik. Sluit net asseblief jou eier kamer se deur. Jy kan die koste weens die skade ook aan haar verduidelik en hopelik sal sy instem tot vergoeding. Intussen moet jy nie moed opgee oor jou vriendskap of jou stokperdjie nie. Gaan soek gerus solank nuwe eiers vir jou versameling en laat ook jou ander vriende en familie weet dat jy eerder ‘n paar pragtige nuwe vergulde eiers vir jou verjaarsdag of Kersfees wil hê.
Voorspoed
Rentia



 




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit sterling property

Visit Homecoming Revolution

Visit intergate

Visit Prime Circle

Visit Everything SA

Visit Homecoming Revolution

Visit SA Property Monthly

Visit Exchange 4 Free

Visit uproar fmx

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass