Farryl maak al meer as ‘n dekade lank musiek. Sy songs was eintlik nooit vir ‘n gehoor bedoel nie, en hy het per ongeluk ‘n platekontrak gerky. Sedertien spits hy homself egter toe op sy musiek, en toer die land vol agter gigs aan.
Ultimate plek/gig om by te speel? Ek het dit alreeds verlede jaar gespeel by die “Big Day Out” in Australië, saam met Muse, The Killers, Kasabian en John Butler Trio.
Noem ‘n paar bands wat jy regtig nie na kan luister nie? Dit sal rude wees. Ek respekteer al soort musikante, dit beteken egter nie dat ek van al die musiek hou nie, maar ek repspekteer wat hulle doen. Wat maak die lirieke van ‘n liedjie goed? Eerlikheid.
Het jy al ‘n oggend na ‘n gig wakker geword met enige geld in jou sak? Ja, plenty of times. Die meeste van my gigs wat ek oorsee speel is vir die media, nie vir die publiek nie. Gevolgik gaan ek die meeste van die tyd huistoe, en skuld ek geld aan iemand!
Grootste nagmerrie? Dat my tande uitval. Dit is ‘n herhalende droom.
Drink jy bier, rook jy pot of snuif jy suiker? Ek drink Black Label bier.
Gunsteling live DVDs? Ben Harper Live At The Hollywood Bowl, Muse, Hullabaloo, Pink Floyd en The Wall Tour.
Wie is jou mees buitengewone bewonderaar? Ek het geen idee wat daardie vraag bedoel nie! Ek is jammer maar my Afrikaans is kak.
Kan ons enige iets interessant verwag van die Simply South African rock show in Clapham? Gelukkig sal ‘n paar van my vriende ook daar speel, so ek sal hulle definitief nooi om saam met my te speel.
Check hom uit by www.myspace.com/purkissmusic
|