Ultimate plek/gig om by te speel? Dit sal awesome wees om by Oppikoppi te speel in Suid Afrika...anderste Glastonbury!
Wie in die band het die meeste instrumente? Natuurlik is dit ons dromspeler ...maar julle kan almal saam ‘air-kitaar’ speel, sing en op en af spring! Gaan definitief iets wees om te sien!
Noem ‘n paar bands wat julle regtig nie na kan luister nie? Err...Take That, Leona Lewis...alles wat geen ‘soul’ het nie, wat ons noem ‘plastic’ musiek, dis maklik om te luister maar dit beteken baie min vir die luisteraar.
Wat maak die lirieke van ‘n liedjie goed? As die woorde met jou praat. As jy deel van jou lewe en ervaringe in ‘n song hoor en dit wat vir jou daardie ‘warm fuzzy’ gevoel gee.
Het een van julle al ‘n oggend na ‘n gig wakker geword met enige geld in julle sakke? Dit sal seker Barry (sanger) wees, hy is altyd bewus van wat aangaan, Chris (kitaar) sal seker platsak wees maar lekker gekuier.
Grootste nagmerrie? Iets breek terwyl jy speel, vergeet ‘n liedjie...die gewone goed, maar ook as jy vergeet dat jy n gig het...
Drink julle bier, rook julle pot of snuif julle suiker? Duidelik...maar dit moet kastoor suiker wees!
Gunsteling live DVDs? Pearl Jam – Madison Square Gardens, Foo Fighters – Hyde Park en Muse - Hullabaloo.
Wie is jul mees buitengewone bewonderaar? Ons het ‘n ou gehad wat elke gig toe gekom het, sy naam was Jesus en hy het hierdie robes gedra en het lang silwer hare gehad. Hy was altyd daar met sy ‘boodskappe’ en sy tamboer...dit was baie uniek.
Kan ons enige iets interessant verwag van die Simply South African rock show in Clapham? Definitief...ons gaan baie hard werk om alles reg te speel, ha ha...maar meestal om die crowd wakker te maak vir die res van die aand, want die ander bands is befok!
O ja, ons wil net vriende maak met almal wat daarvan hou om te rock en wat saam met ons wil stap op ons pad na ‘world domination’!
Check hulle uit by www.freestateprophets.com |