Jakkie Louw
Watter liedjie was jou deurbraak in die Suid-Afrikaanse mark? Op rock vlak Rambo die polisiehond en Bottel Tas maar op kommersiële vlak Drie Pikkewyne
Wat bied jy jou gehoor wat ander kunstenaars nie doen nie. Ek sal enige gehoor in die wêreld laat sing binne 2 songs en dan saam met hulle party.
Vertel ons van jou pad tot en met nou. Dit was baie bars en baie dronk studente. Deesdae is dit flippen baie feeste en nog meer studente ... ha-ha.. dis nogals ‘n mal lewe.
Wat kan jy die Londense mense van jou vertel om hulle te oortuig om na jou te kom kyk? As jy by die huis bly weet jy presies wat gaan gebeur. Jy gaan slaap en more opstaan en soos elke ander dag gaan werk. As jy na die show toe kom gaan jy heeltemal hees stem opstaan, jy gaan te minste twee keer hoendervleis kry oor jou eie kultuur en jy gaan met ‘n moerske babbelaas opstaan en heeldag suffer by die werk.. ha-ha-ha.. dis sooo die moeite werd.
Wat doen Jakkie Louw wanneer hy nie sing nie? Skryf songs en braai.
Vertel ons van toekennings, nominasies, album verkope. My eerste 2 CD’s het so 2 duisend elk gehaal. My nuutste album, Drie Pikkewyne is amper goud(20 duisend verkope) en het in 2006 die oscar gewen vir beste nuweling in Suid-Afrika en is benoem vir die beste rock album van die jaar.
Wat inspireer jou? Mense met passie vir die lewe!!
David Fourie David Fourie se sukses kan toegeskryf word aan harde werk. Hy maak naam vir homself as Suid-Afrikaanse kunstenaars met treffers soos “Ek wil jou ken”, “Jy sprei my vlerke” die alle gewilde “Land in die Suide” asook “Kaboemielies” en “Hou my vas stywer vas”.
David was genomineer vir ‘n SAMA toekenning vir die album “Land in die Suide” asook “Kom hier na my toe”. Die liedjie “Land in die Suide” bereik die kortlys van liedjies vir die wêreld vrede lied van die jaar wat in Italië gehou is. “I am not afraid to move on” speel oor radio stasies in Noorweë. En dit alles terwyl Suid-Afrika op die maat van “Kaboemielies” verhoë regoor die land met hom deel.
Hy verskyn op televisie programme soos “Egoli – Plek van Goud”, “Dis hoe dit is met Steve”, “Liriekeraai”, “Kwela”, “DKNT” ens.
David Fourie wou eers ‘n vlieënier, toe ‘n gimnas en toe ‘n sanger word! Het dit toe nie gebeur nie, sou hy selfs ‘n loopbaan as prokureur oorweeg het. “Ek hou daarvan om rég te wees!” En hy is mos goed met sy mond ook en het destyds op nasionale debatvlak presteer. Hy is stabiele jongman, toegewyd en maklik om te onderhou. “Ek kan met min klaarkom as dit moet en ek verkies dinge eenvoudig.” Hy is ‘n naguil en kan tot vroegdag kuier. Hy is versot op die klank van die see en die kalmte wat dit bring. Moet hom nie misloop nie!
|