Bronwen Bowmer
Maar, volgens lig kunstenaar Michail Batz, is dit glad nie die geval nie. Gedurende ‘n mini-seminaar gehou deur die Goethe instituut, het lig-kunstenaar Michael Batz alle kunstenaars en entrepeneurs aangemoedig om nie te wag vir invoering van sports of regerings owerhede nie maar om self kulturele geleenthede te skep rondom die 2010 Wêreldbeker.
Batz het tydens die seminaar ‘n oorsig gegee van sy hoogs suksesvolle “Blue Goals Project” in Hamburg tydens die 2006 Wereldbeker in Duitsland. Hy het dwarsoor Hamburg 175 kap stillasies opgerig met blou floresent buisligte in die vorm van doelpale. Die doelpale was te sien op prominente geboue en in publieke spasies. Vlieeniers het saans die blou ligte aan passesiers uitgewys en ander was in die hawe opgerig vir skepe om deur te vaar. Die projek was so suksesvol dat dit eers ses maande na die toernooi verwyder is. Tog was die owerhede aanvanklik skepties. Hulle wou hê dit moes deur groot name geborg word wat dan hul logos op die stellasies sou vertoon. Batz het egter geweier.
Hy is wel toestemming gegee om voort te gaan met die projek, op grond van sy uitstekende reputasie as lig-kunstenaar. Aanvanklik het hy net genoeg geld gehad vir 30 doelpale, geborg deur individue en maatskappye wat die advertensie geleentheid opgegee het. Met die opsit van die eerstes, het die publiek egter die gees gevang en kon hy die projek uitbrei.
En die Hamburgers was hoogs in hul noppies oor die simboliese doelpale. Hulle het op ekspiedisies gegaan om doelpale buite hulle streëk te vind en een vrou het getuig dat sy nou uiteindelik weer kon slaap aangesien ‘n doelpaal buite haar venster opgerig is. Met die beïendiging van die projek is daar ‘n aftel seremonie gehou waartydens talle burgers in trane uitgebars het.
Batz het Suid Afrikaners aangemoedig om iets soortgelyks in Suid Afrika te doen. Iets wat eenvoudig en goedkoop dog kragtig is. Hy’t meegedeel dat alhoewel van die doelpale duur was, aangesien hulle op baie hoë geboue geplaas was, meeste van die konstruksies vir minder as R3000 per doelpaal gedoen kon word. Dit was aansienlik minder as die buitemuurse film wat teen ‘n Frankfurtse glas wolkekrabber gewys is. Die film het drie miljoen Euro gekos en het vinnig aanklank verloor en vervelig geraak. |