Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


WP rugby nie so lekker nie

WP rugby


Prime Circle rocking the boat to the UK

Bok van Blerk en ‘n paar van sy boksom bende

Farryl Purkiss

Sitter

Free State Prophets

Chris Letcher

Jakkie Louw & David Fourie by Zulus Leytonstone

Tsoenami van bloed en Afrikaans

2010 Wêreldbeker en kuns

SA Rugby - wat nou?

Die gehalte van die span se vertonings die afgelope ruk is om van skaam te word. Dis erg genoeg dat hulle geen kompetisie vir die Sharks bied nie, hulle gedra hulle soos kinders en skop hul teenstanders as die frustrasies hooggety vier.


Bronwen Bowmer

Die spelers is oor die algemeen ongedisiplineerd en lyk nie juis geinteresseerd in die spel nie. Dit help ook nie as hulle afrigter hulle in die publiek uittrap nie, soos Koos van der Merwe keer op keer doen nie. Die WP hoop seker om die spulletjie reg te ruk met die aanstel van ‘n nuwe senior professionele afrigter wat verkies word.

Aansoeke om die pos het reeds gesluit en ons kan maar net hoop dat die nuwe aanstelling die span sal rigting gee en hul toekoms verbeter. Dalk wen hulle selfs teen die Sharks.

Ondervinding as as ‘n Super 12/14-afrigter is ‘n voorvereiste vir die pos. Rassie Erasmus en Gert Smal kom dan na vore as twee van die sterkste kandidate. Erasmus blyk die gunsteling te wees en as hy verkies word sal dit sekerlik top-spelers lok om by die WP span aan te sluit.  Maar, Smal staan ook ‘n baie goeie kans.

Sy rekord lyk goed met die Curriebeker wat hy in 2000 en in 2001 verower het. Smal het ook die Stormers afgerig toe hulle die Super12-reeks in 2004 se halfeindronde gehaal het. Maar, onder Smal se afrigting, het die Stormers ook erg verloor. Die 14-75 nederlaag sal swaar teen hom tel as die finale besluit geneem word.

Die WP was eens op ‘n span om mee rekening te hou. Hulle het die Sharks al laat les op sê en die bulle met stert tussen die bene terug Gauteng toe gestuur. Is daar hoop vir die wit en blou? Hierdie aanstelling is duidelik baie belangrik en kan die span se wankelende reputasie maak of breek. Die ongedisiplineerde spul het ‘n sterk leier nodig om hulle weer op die pad na suksus te bring. Maar dit gaan ‘n dinamiese afrigter met uitstekende rugbykennis verg om die taak aan te vat.




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Exchange 4 Free

Visit uproar fmx

Visit SA Property Monthly

Visit Prime Circle

Visit sterling property

Visit Homecoming Revolution

Visit intergate

Visit Everything SA

Visit Homecoming Revolution

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass