Ultimate plek/gig om by te speel? Bok: Firkin Bloemfontein Jaco: Blue Moon Nelspruit Nathan: Blue Moon Nelspruit
Wie in die band het die meeste instrumente? B: Henning J: Ek het N: Jaco Mans
Noem ‘n paar bands wat julle regtig nie na kan luister nie? B: Britney Spears J: Puff daddy N:??
Het een van julle al ‘n oggend na ‘n gig wakker geword met enige geld in julle sakke? B: Ja soms J: Klein geld, ja ek het N: Ja
Grootste nagmerrie by ‘n show? B: As daar niemand opdaag nie J: Ag as mense se gear breek...die shows loop redelik smooth N: ??
Drink julle bier, rook julle pot of snuif julle suiker? B: Ja drink bier, en nee vir die res J: Ja ek drink bier, en het al pot gerook net 1 keer en nee niemand snuif suiker nie N: Bier en brandy
Na watter musikant kyk julle die meeste op? B: Koos kombuis en Valiant Swart J: Rodger waters N: Jimmy Chaimberlain, Smashing Pumpkins
Gunsteling live DVDs? B: Bruce springsteen live in Dublin J: In the flesh Rodger Waters N: In the flesh Rodger Waters
Wie is jul mees buitengewone bewonderaar? B: Andries J: Andries N: Weet nie
Wat beplan jy nog om in Londen te doen? B: Suiker te snuif J: Gigs speel en party N: Paar vriende te kuier...
Wat is julle gunsteling kuierplek by die huis – en hoekom? B: Die sambok bar J: Cool runnings hatfield, daar is 3 bars N: Cool runnings hatfield...ken almal
Is julle al gearresteer? B: Nee J: Ek is al 1 keer maar ek het myself daaruit gepraat N: Nie saam met die band nie
Lees jy die Huisgenoot, indien wel skeur jy soms die posters uit? B: Ja ek lees Huisgenoot, en ek het al hot girls uitgeskeur.. J: Nee, ek het toe ek klein was al die hot girls uitgeskeur N: Nee en nee
Wat is jou gunsteling tert by die tuisnywerheid? B: Tipsy tert J: Peppermint tert N: Privaat (haha)
Hoe vergelyk dit met Britse tertjies? B: Britse tertjies is wit met sproete op J: Nee ek weet nie N: Weet nie, nog nooit gehad nie
Wat maak jou gelukkig? B: As ek tipsy tert kan jy eet J: Britse tertjies N: Rock and roll, lekker kuier en poësie
Wat maak jou depro? B: London se weer J: Zimbabwe N: ‘n Gebrek aan laasgenoemde
Wat is jou grootste droom? B: Om te kan doen wat ek nou doen vir die res van my lewe J: 2 Britse tertjies N: Om te kan doen wat ek wil vir die res van my lewe |