Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Fokofpolisiekar stel dosis Antibiotika vry

fokof


Die sindroom

Weet jy hoe om ‘n nuwe *oortjie oop te maak?

Hieroor is Koos nou sommer dik die donder in!

ondergoed

Rentia gee raad

London Fashion Week, Dag 3

Johnny is verseker nie dood nie

Madiba is steeds die man

Korrespondensmelk

Enkelkaartjie uit die Dal van Doodskaduwee

Aan die einde van September 1928 het die Nobelpryswenner sir Alexander Fleming die baanbrekende antibiotiese middel penisillien ontdek. Presies 70 jaar later, aan die einde van September 2008, stel Fokofpolisiekar Antibiotika van ’n ander aard vry in die vorm van hul jongste kortspeler en DVD. Die ooreenkoms? Beide kan voorgeskryf word. Deur Annie Klopper
Antibiotika is Fokof se sesde uitreik sedert hulle totstandkoming in 2003. Baie het verander sedert die vroeë As jy met vuur speel sal jy brand-dae. Buiten dat dié groep Afrikaanse rock tot nuwe hoogtes gevoer het, is daar bewys dat punkrock in Afrikaans kán werk en die f-woord boonop nie meer noodwendig gesensor hóéf te word in die media nie. Koerantopskrifte soos “Fokof verdeel kerk” of “Kommissie gevra om grondwetlike leiding oor die ’Karre te gee” sal boonop nooit weer vreemd wees nie. Ek wil my verstout om in ’n sekere sin saam te stem met Steve Hofmeyr wat onlangs in ’n onderhoud gesê het: “Vandag moet jy darem ver gaan om weird te wees, […] dis als gedoen in Afrikaans.”

Ja, Afrikaanse musiek is deesdae definitief gevarieerd en nie meer beperk tot “my nooientjie in die moerbeiboom”-lirieke nie. Maar daar is altyd ruimte vir verbetering. En Fokofpolisiekar is een van die groepe wat met puik vakmanskap en produksie voortdurend nuwe kreatiewe grense daarstel. (En natuurlik nie oor nooientjies in moerbeibome sing nie.)

Antibiotika bestaan uit ’n kortspeler met vier splinternuwe liedjies en ’n gepaardgaande DVD. Laasgenoemde bevat agt van die groep se musiekvideo’s, asook ‘n voorsmakie van die film/dokumentêr oor Fokofpolisiekar wat deur die produksie-maatskappy Fly on the Wall vervaardig word vir uitreiking later vanjaar.

Die titel, Antibiotika, is afkomstig uit die titelsnit wat op musikale vlak herinner aan “Brand Suid-Afrika” en waarin sosiale kommentaar onomwonde deurskemer in die woorde:

mik vir my hart
dit pomp wildernis hier binnekant
ek’s net ’n toeris
in my geboorteland
’n gekwesde dier in ’n hok
op antibiotika.

Die titel suggereer ook dat hierdie album dien as raat vir die pyn van siele wat gedink het dat die SAMA-bekroonde Swanesang (2006) Fokof se kniebuiging was. Blykbaar moet Antibiotika die lyding van afwagtende aanhangers tydelik verlig tot die uitreik van die volgende vollengte-album. En indien hierdie vier liedjies enigsins ’n aanduider is van wat in die toekoms verwag kan word, lyk die prognose goed.
Tussen Swanesang en Antibiotika het die groeplede ’n tydelike breuk van Fokofpolisiekar geneem en aangesluit by ander projekte. Dit was ’n groeiproses wat die ’Karre met hernude, maar ook ontwikkelde, energie aan die nuwe liedjies laat werk het.  Buiten kommentaar op die sosiopolitieke stand van sake in Suid-Afrika, is daar ’n verganklikheidsbewussyn in die lirieke te bespeur. “Tussen die krake”, ongetwyfeld die móóiste lied op die album, is pynlik pragtig met melancholiese gewaarwordings oor hoe die dood reeds sluimerend aanwesig is in die lewe, soos met die volgende woorde, wat herinner aan die konsep van
“lewendood” à la Breytenbach:

my brose verstand
wat wit, warm
soos ’n jong vlam
hierdie lopende doodskis verteer.
Later in dieselfde lied volg die poëtiese waarneming van die vitaliteit van kunstenaarskap en nuwe identiteit ten spyte van ’n problematiese verlede:
in ons verbrokkelende fondasie
is daar nou lewe in krake
waar daar eers niks was nie.

Maar nie sonder die Fokofpolisiekar-skeptisisme nie:
en ons sal bly en veg
en sodoende ons menswees verloor
maar wat bly dan oor?

Ek is geen geneesheer nie, maar ek skryf graag Antibiotika voor.  www.litnet.co.za        



Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit uproar fmx

Visit intergate

Visit Prime Circle

Visit sterling property

Visit SA Property Monthly

Visit Exchange 4 Free

Visit Homecoming Revolution

Visit Homecoming Revolution

Visit Everything SA

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass