Al waaraan ek kan dink om oor te skryf vandag is oor die sindroom wat menige van die manlike samelewing in sy greep het. Om hemelsnaam, moet tog net nie ‘n aar in jou kop bars as daar ‘n ooreenkoms tussen jou en die sindroom lyers is nie... hierdie is NIE ‘n veralgemening nie, maar om die skryf makliker te maak, mag dit dalk so klink.
Ek het pêlle, familie en kennisse wat almal kort is, maar so vêr verwyder is hulle van die sindroom dat jy sal dink hulle is Goliat gereïnkarneer! Sou ek ‘n penis gehad het, het ek ook sekerlik onder die sindroom lyers geval, want lank is ek nie...en my draad is nog korter...maar dis waar die ooreenkoms sou eindig. Kort mannetjie sindroom. Liewe djirritjie, waar begin ‘n mens? Hier duskant die kroon of neffens die (klein) groottoon? ‘n Lelike ding is dit gewis wat kop uitsteek by baie mannetjies wat kort van lyf is. Als is kort. Veral die draad. En behoede jou as hy ‘n onderwyser is of ‘n ou rangetjie innie army op sy kort armpie dra. Al wat groot is, is die ego (en soms die peester as jy gelukkig is), maar die res is miniscule.
Klein boelietjies wanneer hulle volwassenheid betree. Boelietjies wat almal try rondorder – soos klein hondjies wat kef-kef en al wat groter brak is so befok maak tot oppie punt van doodbyt. Spring hier teen jou nek op en try jou afbring tot daar waar sy gat op die teerpad stamp. Dis nie moeilik om hulle uit te ken nie. ‘n Blinde man sal jou kan se presies waar in die vertrek die enetjie hom bevind deur net sy ore te spits. Moet dit tog nie waag om hom teen te gaan nie, want hy is altyd reg. Hy kan in die toekoms sien en ken jou gewoonlik beter as jyself (al ken hy jou 3jaar en jy jouself al amper 40jaar!).
Hy sal jou presies vertel waar jou swakpunte is en hoe verkeerd jou personality aanmekaargenaai is. Moet ook nie try om vriendelik te wees met ‘n ander man wanneer jy in ‘n verhouding met die enetjie is nie, want jy sal kak wat jy nie geëet het nie – en dis nogal moeilik, glo my! Los die ou boelietjie, en jy kan jouself regmaak vir hel op hel. Enigeen wat na hom luister, sal glo dat jy aan die verkeerde kant van die ashoop bly...aan die kant waar die brommers nie eers wil skyt nie! Die tale waarin daai klein bekkie beledigings kan uitdish en die spoed waarteen daai breintjie dink is verstommend se ek julle!
Beheer is top prioriteit. Almal om hom moet beheer word. Wat is dit met hierdie mensies? Is hulle bang iemand kom los en bliksem hulle? Besef hulle nie dat ons almal maar met ons lywe en flaws moet saamleef nie? Op my oudag kry ek mos nou ‘n hanggat soos ‘n patatsmous, shit man, ek het nie geld vir uplift en intuc en prostese nie, so ek leef daarmee!!! Hetta se gevreetjie lyk soos ‘n gebande muishond, Sannie se linkertepel hang op haar nawel en Ouma Venter se los van liesgeit het haar heupprobleme besorg... Pietie het ‘n hangbal en Sarie het ‘n klitoris waarmee jy ‘n speedtrap kan gooi...Koos se oë peul uit soos ‘n honger leeu en Jannie het ‘n klein koppie soos ‘n ou lemoen...Smartryk se tanne is so groot, sy lippe kan nie bymekaar nie en Johanna se neus lyk soos ‘n hospitaalpispot...Tiny lyk soos ‘n vetgevoerde stoetvark en Deborah het ‘n uitnawel...Tog LEWE ons almal met ons LYWE en we spread the love en peace as if we are blomme kjinners!
Net die sindroompie-lyertjies se sindroom peul in so ‘n mate uit dat dit almal rondom hom se lewe vergal. Jarre gelede was daar so lyertjie wat neffens Sannie se hol in Sannieskloof gebly het. Slim. Baie slim en baie verhewe bo almal (al kon hy nie die bokant van sy eie ego sien nie!) Hy was ‘n keiser en was so opgeskeep met sy grootsheid (hoe ironies!) dat groot van lyf kleremakers besluit het om hom ‘n poets te bak. Hulle sleep toe non-existant stukke lap daar by die paleis aan – allie pad uit die Ooste – en gaan wys dit vir die keiser. So slim is hy dat hy die lap raaksien! Dit terwyl daar niks is nie...(want hy WEET mos ALLES) Soos julle almal die storie ken, het hy op die einde kaalgat deur die straat gewandel en die pheasants met sy koninklike groet vereer op markdag. Tot ‘n seuntjie, klein van jare, met ‘n vicious voice geskrou het ‘Sy gat is kaal!!!’ en daar bars almal uit van die lag. Oukei, oukei, dis nie soos die storie gaan nie, maar ek like dit so.
Die punt is dit – aanvaar dat jy soms nie alles weet nie – en indien jy alles weet, weet dit omdat jy dit wéét en nie omdat jy dink jy moét dit weet net om raakgesien te word nie. Tot ‘n mier word raakgesien en geprys vir wat hy werd is – en ‘n mier is nie baie groot nie....
|