






 




|
 |

Rentia gee raad | .gif)
| Raad vir die volk...
Liewe Rentia,
Ek is 'n dame in my vroee dertigs en het nie baie geluk met die ander geslag (mans) nie. Ek is nie onaantreklik nie, en ek het al self professionele model foto's laat neem met die prysgeld wat ek in 'n Huisgenoot kompetisie gewen het. | Almal wat dit al onder oe gehad het dink ek lyk heel skaflik. Ek trek ook graag modieus aan en bly op hoogte van die jongste giere en kleure. Ek het 'n gesonde selfbeeld, alhoewel dit krummel vir krummel besig is om stadig weg te erodeer...
Jy sien Rentia, my verhoudings met mans hou nie vir lank nie, en dit is nooit my besluit om dit te eindig nie. Elke keer wanneer ek dink ek het my ridder op 'n witperd, galop hulle uit my lewe sonder om weer van hulle te laat hoor. Die probleem is klaarblyklik in die slaapkamer. Ek het altyd gedink dit is normaal, maar begin dit nou sterk twyfel. Ek is redelik vokaal tydens die liefdes maak proses, maar indien ek die hoogtes van ekstase bereik, kom daar 'n paar vremde klanke na vore, en dit skrik mans af. Ek kan dit nie help nie, dit is maar 'n reflex en kan dit nie verander nie. Maar om op meer as 'n een okkasie gese te word jy klink soos 'n vlei-padda as jy kom, is genoeg om enige vrou van staal te laat buig...
My dokter se ek het niks om oor te kommer nie, en dat elke vrou anders is. maar ek wil nie soos 'n bosveld amphibian klink nie. Het jy enige raad of tegnieke wat ek kan toepas, of posisies wat dalk meer vreedsaame vreugde sal bring? Help, ek is desperaat!
Vlei-padda, Wesselsbron
Liewe Vlei-padda
Jy klink soos ‘n goed versorgde en mooi jong dame. Dit moet werklik vernederend wees as jy met soveel hoop en verwagting in ‘n verhouding staan en jou ridder jou dan skielik so van sy spreekwoordelike perd afgooi. Wat jou situasie aangaande jou intieme lewe aanbetref is jou geval nie werklik so uniek so dit tans vir jou voel nie. Ek glo dat daar heelwat vroue is wat heel bekkig kan raak onder die lakens. Ek kan nou nie oordeel tref oor presies hoe dit klink as jy ekstaties raak nie maar ek lei wel af dat dit moonlik die ander persoon mag afskrik.
Jy gaan moet begin om jou aandag op so ‘n manier te fokus dat jy nie te vokaal raak nie. Kners op jou tande of selfs ‘n spons, as dit moet , solank jy net die klank demp wat jou soos ‘n vlei-padda laat klink. Later in ‘n verhouding sal dit dalk moontlik wees om jou onwillikeurige gekerm met jou vriend te bespreek, maar todat jy daardie punt bereik het, sal jy ‘n moet probeer om ‘n wag voor jou mond te plaas. Moenie moed verloor nie, liewe Vlei-padda, en moenie dat jou selfbeeld ‘n verder ‘n knou kry nie. Die lewe is ‘n lied! Kies net jou wysie voor jy lostrek met ‘n aria!
Beste groete
Rentia |
|
|
 |









|