Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Nicro Gala Dinner

Visit Homecoming Guide


London Fashion Week, Dag 3

nicole


Fokofpolisiekar stel dosis Antibiotika vry

Die sindroom

Weet jy hoe om ‘n nuwe *oortjie oop te maak?

Hieroor is Koos nou sommer dik die donder in!

ondergoed

Rentia gee raad

Johnny is verseker nie dood nie

Madiba is steeds die man

Korrespondensmelk

Enkelkaartjie uit die Dal van Doodskaduwee

Dis 10:05 op 'n Dinsdag oggend en Covent Garden plaza is stil en rustig terwyl die stalletjies besig is om wakker te word en hulle self aan te trek. Maar ek is hier vir ander, meer belangrike besigheid: London Fashion Week. Meer spesifiek, die Nicole Farhi S/S 09 vertoning in die Royal Opera House, oorkant die plaza. Maar ek het effe van 'n probleem. My kaartjie is verlore in die pos stelsel en ek gaan myself maar moet in-smokkel sonder dit. Ag, maar ons Suid Afrikaners is mos gesout in sulke skurwe toertjies...
Na ek verby sekuriteit geglip het deur belangrik te lyk en hulle vraag vir my uitnodiging neus-in-die-lug half te ignoreer, vind ek 'n tafel vol warm croissants, pain aux chocolats en 'n keuse van koffie, tee of bottel water. Waar is my glas sjampanje wonder ek hard-op? Net vir Suzi Menkes - hoof verslaggewer van die International Herald Tribune - om my te hoor en voor ek weet of ek kom of gaan bevind ek myself in vreesaanjaende belangrike geselskap! Op daai oomblik word die gaste in gelei vir die vertoning, en word ek die verleentheid gespaar om te probeer verduidelik dat ek eintlik glad nie belangrik is nie. En dat ek nie eers weet waar ek moet sit nie.

Na 'n bietjie rondhang en wag, word die beskermende plastiek blitsvinnig van die spierwit loopplank afgetrek en bring musiek die geklets tot 'n halt en spring ek op die eerste naaste oop sitplek. Net betyds vir die eerste lang, lenige model om haar verskyning te maak.

Knie lengte rompe en vleiende shifts in pastel kleure oorheers die versameling. Kontrasterende beltjies trek die middel in en gee 'n pragtige uurglas figuur (self op die spookasem dun modelle) terwyl gerimpelde chiffon leggings en lyfkouse in swart 'n sterk moderne edge verskaf en keer dat dit nie te sag en onskuldig voorkom nie. Die tweede helfte van die vertoning voel meer nautical, met strepe in blou, wit en rooi en oop-toon wedges, maar behou die uurglas figuur met leer trim gestreepte belde. Die versameling is met-eens dra-baar en 'n meesters klas in sophistication en restraint.

Na middag ete en 'n hele paar pints in Soho, is ek oppad na die Natural History Museum in Kensington vir die Amanda Wakeley S/S 09 vertoning. Gelukkig het Royal Mail darem besluit om wel dié kaartjie betyds te laat kom...

Die atrium is stampvol met wie-is-wie's toe ek uiteindelik binne kom en na 'n elmboog oorlog en £44 minder in my beursie (soveel vir gasvryheid...), geniet ons 'n bottel Moet & Chandon, net om dit te moet down omdat die show gaan begin en glase nie binne toegelaat word nie. Ag fok. Glug glug glug... hic!

Die tribal ritme van DJ Koze se Zou Zou dreun by die klankstelsel uit en een vir een kom die lollipop meisies uitgestap. Eerste op is 'n verskeidenheid kimono mini's in khaki met rooi lining. Minimalisties en koel, nes die klankbaan. Volgende is Griekse godinne in vloeiende, gedrapeerde lang rokke in khaki, oranje en wit. Dis grasieus en elegant, perfek vir St. Tropez of die Costa del Sol, afhangend van jou budget natuurlik! In 'n blits is dit oor en verby en vind ek myself in 'n taxi oppad terug - veral na vandag - na 'n baie meer eenvoudige lewe.

Johnnyboi x



Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Homecoming Revolution

Visit Everything SA

Visit uproar fmx

Visit SA Property Monthly

Visit Homecoming Revolution

Visit Exchange 4 Free

Visit sterling property

Visit intergate

Visit Prime Circle

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass