Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Johnny is verseker nie dood nie

johnny


Fokofpolisiekar stel dosis Antibiotika vry

Die sindroom

Weet jy hoe om ‘n nuwe *oortjie oop te maak?

Hieroor is Koos nou sommer dik die donder in!

ondergoed

Rentia gee raad

London Fashion Week, Dag 3

Madiba is steeds die man

Korrespondensmelk

Enkelkaartjie uit die Dal van Doodskaduwee

Noem hom sommer net die “Wit Zoeloe”, want op geen ander bynaam, naas Madiba, was ? Suid-Afrikaner al so bekend nie. Ná ? onlangse opvoering by Nelson Mandela se vyfde 46664-konsert in Hyde Park, is Johnny Clegg terug vir twee konserte by The Forum in Kentish Town op die 28ste en 29ste Augustus. Christiaan Boonzaier vertel meer.

Oor die wêreld heen is sy unieke styl, sy vredeslirieke, sy inhlangwini zoeloe-danse en dan natuurlik sy stem só gesog, dat konserte in Noord-Amerika en Afrika vinnig uitverkoop.Nóú wil hy Londen takel!

Aangesien hy in Manchester gebore is en hy reeds in sy loopbaan ‘n paar keer daar opgetree het, is die tyd reg om die rooi tapyt uit te rol en sy musiek-wortels stewig in die Engelse grond te vestig.

Sy pad met musiek het reeds as jongeling begin, toe hy blootgestel is aan die Zoeloe-kultuur van dans en musiek. Op 14 het hy onder die vlerk van ʼn skoonmaker, Charlie Mzila, in sjebeens begin optree en later vir Sipho Mchunu ontmoet met wie hy  ʼn ewige vriendskap sou bou.

Sy eerste hit single in 1976 saam met Mchunu het die weg vir sy sterstatus gebaan. Saam met sy twee bekendste groepe, Javuka en Savuka, sy huidige band en as solo-kunstenaar het hy reeds 17 CD’s, vier live CD’s en twee DVD’s vervaardig en vrygestel.

Tydens die apartheidsjare het hy gereeld in die buiteland opgetree en  ʼn sterk Europese basis vir homself opgebou. Sy album Shadow Man het byvoorbeeld meer as 1,000,000 kopieë in Frankryk verkoop.Glo dit of nie, maar anders as kitaar en sang speel hy ook die konsertina (ek kon nog nie uitvind waar hy die kuns geleer het nie).Maar musiek is net die begin van sy talente.

As jongeling het hy antropologie studeer en verskeie akademiese artikels in joernale gepubliseer waar hy sy musiek, die Zoeloe-taal en geskiedenis saam nagevors het.In 2007 ontvang hy ook ‚ ʼn eredoktorsgraad in musiek van die Universiteit van die Witwatersrand ter ering van sy bydrae tot die musiekbedryf.

En ja, hy stry wyd en suid dat hy nie eintlik  ʼn ster-ikoon is nie, maar as jy artikels en videos van jouself op Brittannica, Wikipedia en YouTube het, moet jy sekerlik weet dat die kollig op jou is.Gaan ondersteun dié Zoeloe gerus!

Was jy ‘n rebel op skool?
I was an outsider more than a rebel … I hated school and bunked a lot.

Wat laat jou lag?
Slapstick and animals behaving badly

Wie het opgetree by die laaste konsert wat jy bygewoon en gekyk het?
An Arab Beduin band that opened for me in Syria in Damascus. Can’t remember the name

Vloek jy in Zoeloe?
No

Hoeveel musiekinstrumente besit jy? 
Many, many guitars and 3 concertina’s

Wat doen jy as jy nie iets met musiek doen nie?
Reading, writing, gym, being a dad …. etc

As jy in ’n gehoor (crowd) kon staan en na jouself kon kyk, wat sou jy gedink het?
That oke is on some journey ….

Hoe sou jy jou musiek beskryf vir iemand wat jou nie ken nie?
Cross-over of many different cultural styles and forms.

Watse liedjie sou jy nog wou cover?
Mercy street – Peter Gabriel

Britney Spears of Christina Aguilera?
Christina

Waar skryf jy liedjies?
Hotel rooms, on stage, at home, in the bath ….wherever a song decides to ambush me

Weet jy dat jy ‘n inskrywing op Wikipedia het? Hoe voel jy daaroor?
Somebody cares enough to write stuff about what I do … that’s cool.

Sien jy jouself as ‘n celebrity?
No

Waarnatoe sou jy gaan as jy nou kon weghardloop en niemand sê nie?
Kranskop , Natal

Waarmee is jy glad nie goed nie?
Maths, listening to long, drawn-out political speeches or other blather, bar room talk

Het jy al ’n volgende album in gedagte? Wanneer word dit uitgereik?
Busy on it now … release early next year

Wat is die snaakste plek of ding wat vir jou inspirasie vir ’n liedjie gegee het?
Bananango in Natal …. I wrote a song to the town.

Wat wil jy nog leer?
To play the guitar

Watter ander musikant gee jou die  inspirasie?
No one really , I  think the truth is all musicians are always searching for a  song  and they all dry up  and all feel insecure and pointless at times . Song-writing is an affliction.

In watter land wil jy nog eendag optree?
China, India, Russia, Eastern Europe

Wat dink jy van die gehoor in Londen?
It’s my home from home




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit sterling property

Visit SA Property Monthly

Visit uproar fmx

Visit Everything SA

Visit intergate

Visit Homecoming Revolution

Visit Homecoming Revolution

Visit Prime Circle

Visit Exchange 4 Free

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass