Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Korrespondensmelk

paap


Fokofpolisiekar stel dosis Antibiotika vry

Die sindroom

Weet jy hoe om ‘n nuwe *oortjie oop te maak?

Hieroor is Koos nou sommer dik die donder in!

ondergoed

Rentia gee raad

London Fashion Week, Dag 3

Johnny is verseker nie dood nie

Madiba is steeds die man

Enkelkaartjie uit die Dal van Doodskaduwee

Die Kersfees koekstruif eskepade
Ek plaas graag in die volgende paar aflewerings briewe wat die afgelope tyd tussen myself en my familielede regoor die wêreld verwissel is. Dié een is van my niggie, Peusella, uit
die Kaap. (PS: ek haat koekstruif en ek dink Peusella is ongepoets) Smulpaap

Liewe Smulpaap,
Ek weet jy is nie noodwendig lus om met my te praat nie en om die waarheid te sê is ek ook nie juis lus om met jou te praat nie.  Mens sou dink dat jy as mede-kospuris minstens met my standpunt simpatie sou hê.  Maar gelukkig het ek ‘n groot hart en baie geduld, Smulpaap, so probeer in vadersnaam rede sien.

Wat verlede Kersfees by Oupa Kokkie en Tant Njammies gebeur het, was nie my skuld nie.  Ek het bloot soos enige redelike persoon probeer doen wat die beste vir almal onder die omstandighede was.  Maar soos gewoonlik is my goeie bedoelings geweeg en te lig bevind.  En terloops: almal dink jy’t totaal ooremosioneel geoorreageer toe jy sak en pak Ysland toe is.  Fine, Smulpaap, jyt jou punt gemaak. Hou tog op om jouself daar in die koue te martel en kom terug.

Anyway…jy weet net so goed soos ek dat Tant Njammies nog nooit daardie essensiële balans tussen haar liefde vir eet en ‘n liefde vir kook kon ontwikkel nie.  Kortom, Njammies se kookkuns is nonexistent en ‘n skreiende skande.  Maar, ons moes dit seker te wagte gewees het dat sy die poeding sou wou maak toe die Kerspartytjie vir die eerste maal by haar huis gereël is.  Maar dalk moes ons haar gewaarsku het dat so ‘n groot risiko ook ‘n bepalende faktor in haar soeke na populariteit in die voedselvernuftige Bakkes-familie kon wees.  Om te verseker dat sy die groot taak nie te intimiderend vind nie, het ek die voorstel gemaak dat sy koekstruif vir nagereg maak aangesien dit, in my nederige opinie, onmoontlik is om op te neuk.  Maar helaas.  Niemand sou voorspel het dat sy so onsensitief en agterbaks kon wees om boksvla en Orley Whip te gebruik nie.  En jy wéét hoe old school Pa en Oom Bielie is…wat ‘n absolute fiasko.  Ek was so teleurgesteld in haar.  En de moer in.

Ok, so toe sit almal met groen gesigte en gril, niemand wil haar walglike poeding eet nie en Njammies kry ‘n senuwee-ineenstorting. So what?  Ek het net die kollektiewe sentiment geopenbaar toe ek haar meedeel dat sy ongelukkig nooit weer by een van ons Kerspartye welkom sou wees nie.  Smulpaap, ek kan net nie sulke buffelagtige onnoselheid stomach nie.  So ek is jammer jy het van haar gehou, maar jy, Oupa Kokkie en die res van onse familie moet besef dat ‘n voedselonkundige net nie by ons inpas nie.  Hoeveel keer wil hy nog sy kop stamp? Sy was al nommer sewe.

Anyway…hier is die koekstruifresep.  Ek het dit net effens aangepas dat dit minstens eetbaar is.  Gebruik net in vadersnaam vars, organiese produkte of moet dit liefs nie eet nie.  Jy sal sien dat ek reg opgetree het.  Ek stuur sommer ook die resep van die malvapoeding wat ek toe inderhaas moes aanmekaarslaan - dit was natuurlik ‘n absolute treffer.

Cheers,
Peusella

NS Die tweeling is glad nie vir my kwaad nie.  Rolla eet mos enigiets so sy kon die koekstruif inkry.
Kyk op Youtube, Lolla het op die loopplank in Milan uitgepass.  Wonder wat is fout met haar?
Sy is so maer deesdae.

Kersfees Koekstruif
(aangepas uit Tant Njammies se Terrible Trifle-resep)

Bestanddele:
1 groot wit sponskoek, in blokkies opgesny
45 ml soet, SA sjerrie
2 x 80g pakkies jellie, een geel en een rooi.  (Maak dit aan en koel dit af maar dit moet nog nie gestol wees nie)
50 g gekapte neute (okkerneute is die beste maar pekanneute is ook lekker)
3 heel groenvye, opgesny
50g maraschinokersies, gehalveer
2 kop (500ml) goeie kwaliteit, dikkerige vla
½ kop (125ml) room, geklits en effens versoet met strooisuiker

Metode:
Pak ‘n laag koekblokkies onderin ‘n kitch glasbak en sprinkel met sjerrie.  Neem een sluk sjerrie uit die bottel vir jou moeite.

Giet van die geel, semi-gestolde jellie oor sodat dit kan intrek.  Gooi lekker baie neute, vye en kersies oor en bedek dit met ‘n lekker dik lag vla.  Herhaal vanaf die koekpak-fase, maar gebruik nou rooi jellie.  Herhaal tot die bestanddele opgebruik is. 
Skep die styfgeklitste room bo-op en verkoel tot die jellie gestol is.

Peusella se Merkwaardige Malvapoeding

Bestanddele:
250ml suiker
20 ml botter
2 groot eiers
1 eetlepel fyn appelkooskonfyt
½ koppie melk
1 teelepel koeksoda (bicarbonate of soda)
1 teelepel bruinasyn
250 ml gesifte koekmeel
knypie sout

Metode:
Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ‘n groterige oondbak.  Room die botter en suiker en vou die eiers een-een daarby. Voeg die appelkooskonfyt daarby. 
In ‘n beker, meng die koeksoda, melk en asyn Roer die gesifte meel en die melkmengsel om die beurt by die botter-en-suikermengsel, en skep die hele boksemdaais in jou oondbak.  Bak vir 45 min of totdat ´n skerp mespunt skoon steek...Indien nie, bak nog 5 minute. 

Sous:
Meng 250 ml room, 180ml (3/4 koppie) suiker, 125g botter, 125ml kookwater en 1 teelepel vanieljegeursel en verhit alles totdat dit kook.  Giet die sous oor die gaar poeding
nes jy dit uit die oond gehaal het. 
Sit voor saam met vla,
en verlang na jou ma.   
Peusella 




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Homecoming Revolution

Visit Everything SA

Visit Exchange 4 Free

Visit Homecoming Revolution

Visit intergate

Visit sterling property

Visit uproar fmx

Visit Prime Circle

Visit SA Property Monthly

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass