Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Platejoggie saam met Johnnyboi

horrsing


South African theatre you don’t see every day

The Last Resort: Gierigheid ontmasker

Platejoggie saam met Johnnyboi

Platejoggie saam met Johnnyboi

Een dik stem

Shimmy Shake - Buikdansers flankeer!

Babette word ‘n slet

Platejoggie saam met Johnnyboi

WWag dat die l..gte aan>gaan...

Rentia gee Raad

Johnnyboi help jou met jou musiekkeuses

Fuck Buttons
Street Horrrsing

ATP

Goeie naam, dié een. Ek is sommer dadelik geïnteresseerd in wat moontlik agter daai naam mag skuil. En skuil doen dit!

Met slegs een single agter die rug het Bejamin John Power en Adrew Hung  ( (ha-ha, nice van...) baie om te bewys op dié debuut, na maande se hype en gefluister onder hulle menige aanhangers, meeste van wie verwerf is deur hulle enigmatiese en hipnotiese live optredes die lengte en wydte van Engeland deur die laaste paar jaar.

Sweet Love For Planet Earth skop Street Horrrsing af en som hulle klank amper perfek op: Laag op laag op laag op laag van synths, bas, staties, elektriese kitaar en inderdaad elektrisiteit bou op tot 'n allemintige  dreunende geraas wat verrassend melodies en luisterbaar is. Wanneer die verdraaide screamo-vocals verskyn is mens heeltemal vasgevang in 'n hipnotiese tonnel van klank. Bright Tomorrow werk op dieselfde basis vorm: 'n standvaste ritme vorm die onderlaag en word stadig aan belaai met meer en meer klanke tot 'n uitbarsting van kitaar die kalmte versteur en dit tot 'n klimaks dryf.

Ribs Out sal nie uit plek uit klink as klankbaan vir Mel Gibson se bloedige Apocalypto nie, terwyl die epiese Okay, Let's Talk About Magic die 10 minute merk haal sonder om te sweet. As Ysland se Sigur Rós eendag besluit om droomlandskappe vir metal te ruil sal hulle heel moontlik só klink.

Uitdagend, maar met indrukwekkende resultate!

3.5 uit 5

Martina Topley-Bird
The Blue God

Independiente

As die vroulike stem vir Tricky en ook ma van sy kind het Martina Topley Bird die publieke oog betree in die mid 90's. Haar heuning stem was in sterk kontras met sy 50-'n-dag rasper en het van daai moeilike produksies 'n menslike gloei gegee. Maar sy het solo gegaan, Tricky se loopbaan is nou half by die drein af en dis waar ons haar vandag vind, met album nommer twee.

The Blue God verlaat die strak en paranoïese musikale speelgronde van die verlede agter en fokus eerder op retro-pop, a la Mark Ronson, Amy Winehouse, Duffy ens. Steeds donkerder as jou alledaagse pop starlet, haar kenmerkende stem pas hierdie klank verbasend goed en steek sekere ander groot name effe in die skande in die proses.

Met die eerste luister staan net die twee singles, die aansteeklike Carnies en melodiese Poison, regtig uit, maar Dangermouse (van Gnarls Barkley faam) se slim en subtiele produksies kom meer in fokus met elke luister. En so tree die spookagtige en drywende Something To Say na vore, soos 'n slinkse PJ Harvey. Baby Blue is pop-perfeksie in 'n swart en wit 60's style, terwyl haar fantastiese stembande tot hulle reg kom op Valentine, en ook op Razor Tongue.

Hierdie album wys dat sy eendag 'n meesterstuk gaan onthul, maar vir nou is hierdie 'n fassinerende kyk na iemand wat se ster stadig maar seker styg en helderder skyn.

3 uit 5




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Exchange 4 Free

Visit Everything SA

Visit sterling property

Visit Prime Circle

Visit Homecoming Revolution

Visit Homecoming Revolution

Visit uproar fmx

Visit SA Property Monthly

Visit intergate

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass