Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Een dik stem

evita


Platejoggie saam met Johnnyboi

South African theatre you don’t see every day

The Last Resort: Gierigheid ontmasker

Platejoggie saam met Johnnyboi

Platejoggie saam met Johnnyboi

Shimmy Shake - Buikdansers flankeer!

Babette word ‘n slet

Platejoggie saam met Johnnyboi

WWag dat die l..gte aan>gaan...

Rentia gee Raad

Vat die N1 uit Skaapstad en klim op die R27 Weskuspad en dan ry jy in die Swartland in tot jy die afrit na Darling kry. En dan gaan jy na Evita se Perron, dis maklik om te kry. Hier is Pieter Dirk Uys besig om te dink, te praat, te skryf en te entertain en etlike amusante waarhede bloot te lê en kwyt te raak wat die moeite werd is om te hoor en te sien.

Evita se Perron is die tuiste van die grootste versameling Afrikaner politieke kitcsh in die wêreld.  Jy word oorweldig deur Voortrekkermonument-voëlhokke, borsbeelde van helde uit vervloë dae, kompleet versier met voortrekkerkappies, héctic politieke propaganda posters van die ou NP en HNP, massiewe gedenkskilderye en foto’s van scary goeters soos Bloedrivier en Hendrik Verwoerd.   Dan wonder jy hoe op aarde PDU daarin geslaag het om die totale inhoud van jou ouma Bettie se keurig versierde voorkamer uit die 1960’s in die hande te kry en dit so skaamteloos teen die mure tussen skilderye van Evita Bezuidenhout en foto’s van al wat ‘n Botha, Mandela en Koornhof is uit te stal.  Jy lees die handgeskrewe briewe aan Tannie Evita uit die mees onverklaarbare oorde, tot so ver as die Britse koningshuis, en jy wonder hoeveel keer PDU al in die kak was oor wat hy geseg het.  Met nog Bobby Skinstad en Mark Shuttleworth en Kader Asmal en Helen Suzman en Thabo Mbeki tussen-in. Wow, die man is duidelik nie bang nie. 

En dan begin jy bewus raak van die vreemdste reaksies en emosies binne jouself.  Verwondering, nostalgie, skaamte, ongemaklikheid, onkeerbare giggels, respek.  Jy sien die swart mense uitbundig pose vir foto’s onder die vaagweg bekende “Slegs Blankes” tekens, en jy sien ou-ou mense nostalgiese trane pink oor dinge wat nooit moes gewees het nie.  Dan gaan sit jy by ‘n tafeltjie en bestel ‘n wêreldklas plaaslike wyn vir onder R100 ‘n bottel (wat jy natuurlik vir granted vat, want jy’s ‘n Suid-Afrikaner), en jy kyk na een van PDU se bekende bytend-satiriese one-man shows waarin hy die draak steek met al wat ‘n fat cat en stereotipe is.  En jy lag heerlik en sorgeloos, want face it, die man is entertaining.  En die ou ooms en tannies lag saam, die swart mense en coloureds lag, Duitse en Amerikaanse toeriste sonder ‘n clue lag ook al te lekker. 

Maar hier en daar lag jy sagter of glad nie en jy sien ander wat ook nie lag nie en dan begin jy wonder hoekom jy lag en of jy veronderstel is om te lag.  Want apartheid was fokol snaaks en dis ook fokol snaaks dat ons regering korrup en careless en net plein dof is partykeer.  Gewapen met hierdie gevoelens gaan jy dan na ‘n kantoortjie waar die man homself, met vars teatersweet op sy gesig en die vae glans van afgeveede lipstiffie nog aan sy lippe, jou hand skud. 

Hy vertel jou van sy ewige optimisme oor ons ou landjie.  Hy vertel jou van sy projekte en fondse waarmee hy die plaaslike gemeenskap om hom ophef en die werk wat hy reeds onder 1 000 000 SA kinders gedoen het om hul te vertel van seks en VIGS en indoktrinasie en ander potensieel vernietigende goeters.  En jy sien:  menslikheid, liefde en empatie het baie gesigte, sommiges met pruike en make-up op, maar dit het verreikende gevolge en mens moet jou ogies oophou en jy moet deur goed leef en vir jouself dink en tyd hê vir jou medemens en trots wees op jou eie stem en hom dik maak. 

En jy móét lag.  Hoekom?  Want dit is wat demokrasie is.  Kap spykers en plak prestik aan die goed wat jou bang maak, sit dit teen die muur, kyk mooi daarna, lag daarvoor.  Dis oorwinning.  Dis vryheid.  Dis eintlik ‘n bietjie gewelddadig, die lag vir scary goed soos ‘n regering wat ‘n fok voel en mense wat arm is en by die duisende doodgaan.  Maar, dis bevrydend, en raai-raai riepa, die scary ding kwyn so ‘n bietjie, nie baie nie, maar darem.  En dan trek jy by A van die alfabet van die taal wat jy moet begin praat as jy in jou leeftyd ‘n ander SA wil sien. 

Maar genoeg politiek, ek is nou so opgesweep, seker die posters.  Politiek is boring, né.  Maar PDU is nie.  Gaan Darling toe, gaan kyk wat maak hy.  Sustainable development is kleurvol en ‘n werklikheid en het soms die vreemdste oorspronge en jy skop dit agter ‘n bos in die Swartland uit, maar jy moet hard skop.  En dan maak jy vir jou ‘n wêreldjie wat sin maak en mooi is en joune is.  Eendag.                              


 


 




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit uproar fmx

Visit Everything SA

Visit sterling property

Visit SA Property Monthly

Visit Prime Circle

Visit Homecoming Revolution

Visit intergate

Visit Exchange 4 Free

Visit Homecoming Revolution

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass