Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Shimmy Shake - Buikdansers flankeer!

shimmy shake


Platejoggie saam met Johnnyboi

South African theatre you don’t see every day

The Last Resort: Gierigheid ontmasker

Platejoggie saam met Johnnyboi

Platejoggie saam met Johnnyboi

Een dik stem

Babette word ‘n slet

Platejoggie saam met Johnnyboi

WWag dat die l..gte aan>gaan...

Rentia gee Raad

Madame Jojos is ‘n kabaret venue in die hartjie van Soho, Londen waar die eerste Shimmy Shake vertoning in Maart plaasgevind het. “Bellydancers” of te wel, buikdansers van Hollywood, Turkye en Australië het vir die eerste keer op ‘n verhoog in Londen saamgetrek om ‘n fees van eksotiese Burlesk en naeltjiedanse uit te voer.

Buikdans is ‘n outentieke kunsvorm wat stam uit die Midde-Ooste. Dit was eerstens beoefen as ‘n vrugbaarheidsdans onder vroue om swangerskap aan te moedig en te vier. In latere jare is dit ook deur Burlesk dansers beoefen en aangepas vir ’n breër moderne gehoor wat graag dit saam met ‘n ontkleedans wil geniet.

By Madame Jojos is ons eerstens voorgestel aan Rosy Velvet, die sexy compère vir die aand wat deurgaans met haar balletskoene en pittigheid die gehoor op hul tone gehou het. Ek weet van geen ander balletdanser wat letterlik met vuur speel, terwyl sy deurgaans “sur la pointe” (op haar tone staan) en lyk of sy ten volle in beheer van sake is nie!

Die Australiese danseres Sapphira , hoof organiseerder van die geleentheid, was eerste aan die beurt en het glad nie doekies omgedraai met haar eerste dans nie. Haar pragtige, dog  karige kostuum het vinnig verdwyn om vervang te word met ‘n dubbele volstruisveer waaierpalm wat haar nie-so-skaamheid moes bedek, terwyl sy die gehoor aanhits om hul waardering te wys. Sy het haarself bewys as ’n veelsydige danseres deur haar naeltjiedans op te volg met ’n tradisionele striptease vergesel met haar eie wonderlike sangstem.

Die tweede danseres vir die aand was Princess Farhana van Hollywood wat haar West End debuut gemaak het. Dis moeilik om te sê wat presies die gehoor die meeste betower het : haar wellustige vroulike liggaam, die eksotiese kostuums of die pure plesier en sensualiteit wat uit hierdie danser gestraal het. Wat wel duidelik was, was dat die Londen gehoor nie gewoond is aan hierdie bekoorlike styl van vermaak nie. Reaksie het gefaktureer tussen doodse stiltes en ‘n gejubel en gejuig vir meer.

Die enigste manlike buikdanser was Ozgen van Turkye. Van al die dansers het hy definitief die hardste gewerk om die gehoor oor te wen en dit het nie lank gevat voordat beide die mans en vrouens in die palm van sy hand was nie.

Volgens Shimmy Shake bevorder buikdans jou selfvertroue en vier die dans die menslike liggaam in al sy vorme en glorie. Londen kan doen met meer sulke geleenthede wat sorg vir n prettige aand vir enige gehoor.

Gaan na  www.shimmyshakeshow.com vir meer inligting en bespreek jou kaartjies vir die volgende vertoning.



 




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit intergate

Visit Prime Circle

Visit Homecoming Revolution

Visit Homecoming Revolution

Visit SA Property Monthly

Visit Exchange 4 Free

Visit Everything SA

Visit sterling property

Visit uproar fmx

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass