Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Babette word ‘n slet

babette


Platejoggie saam met Johnnyboi

South African theatre you don’t see every day

The Last Resort: Gierigheid ontmasker

Platejoggie saam met Johnnyboi

Platejoggie saam met Johnnyboi

Een dik stem

Shimmy Shake - Buikdansers flankeer!

Platejoggie saam met Johnnyboi

WWag dat die l..gte aan>gaan...

Rentia gee Raad

Wel, wel, wat kan ek sê? Dis die wonderlike ding van kennis: wanneer jy dit het, kan niemand dit van jou af wegneem nie. En Babette, dames en here, het dit in oorvloed... Nee, ek is nie op ’n estrogeen oordosis nie, net all oor die dose.

Ekskuus? Miskien moet ek van voor af begin:

Ek verdien my ponde hedendaags, of te wel snags, deur sekspraatjies oor die foon met bleeksiel rooinek mans te praat. Yup, foonseks. Teenstrydig met die algemene siening hou hierdie mannetjies tog soo van die Suid-Afrikaanse aksent. Hulle hang as’t ware aan my lippe. Of wil graag. Ahem. Behalwe dat die betaling goed is, is die nuwe posisie ook baie insiggewend.

Hulle sê altyd Londen is ’n stad vol eensame, oormoeg mense wat snags tot laat in hul kantore ronddwaal en met kafeïen bevlekte oë na rekenaarskerms staar. Wel, ja dit is so. Maar so is daar ook baie getroude mans wat graag eerder die sekretariële kat in die donker wil knyp, as om vroeg huis toe gaan na die vierde mikrogolf ete vir die week.

Ek noem dit net, want ek weet hoe maklik ‘n mens hier op die eiland alleen kan voel. Die Engelse voel ons pyn. En bevoel hulself terwyl ek in my pajamas sit en sjokolade eet.

Al negatiewe ding oor die nuwe career move (behalwe dat ek nie my ma daarvan kan vertel nie!), is die unsocial hours. Ek was nog nooit ‘n oggend mens nie (staar graag eerder vir die stoom bokant my koppie koffie, slaap nog so bietjie en drink dit dan koud), maar die wakker bly en stoute praatjies maak met vreemdelinge, bou nogal mens se selfvertroue.

Vat nou laas week: Cathy, my oulike lesbiër woonstelmaat (vir die agterosse wat nog STEEDS nie op dreef is met hierdie blog nie), het my weereens saamgesleep na die gay drink-gate in Soho. Die nag gons in Londen. En die beertjies dans. En Cathy dans al nader aan my. Aai, ‘n doos is so NIE net vir skoene nie. Ek begin al hoe meer gewoond raak aan die leefwyse…Is ek op die afdraande pad? Moet ek my hardloop-tekkies aantrek?

Maar meer oor my stryd met skoene uit of aan in die bed en wat om met daai doos te doen, volgende keer… Ek het ‘n oproep wat wag. (Die moeilikste ding om aan te leer is wanneer om te sug en wanneer om te kreun…) Maar ek dwaal af. Alweer.



 




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Exchange 4 Free

Visit Prime Circle

Visit Homecoming Revolution

Visit Homecoming Revolution

Visit SA Property Monthly

Visit sterling property

Visit uproar fmx

Visit intergate

Visit Everything SA

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass