Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Homecoming Guide

Visit Nicro Gala Dinner


Platejoggie saam met Johnnyboi

plate


Platejoggie saam met Johnnyboi

South African theatre you don’t see every day

The Last Resort: Gierigheid ontmasker

Platejoggie saam met Johnnyboi

Platejoggie saam met Johnnyboi

Een dik stem

Shimmy Shake - Buikdansers flankeer!

Babette word ‘n slet

WWag dat die l..gte aan>gaan...

Rentia gee Raad

Johhnyboi help jou met jou musiek keuses

The Kills
Midnight Boom

Domino Records

Allison Mosshart en Jamie Hince glo dat kuns ‘n leefstyl is en nie net iets wat jy doen nie. En die musiek is oortuigend genoeg en projekteer hulle as ‘n kreatiewe duo met ‘n donker sin vir humor, hoë alkohol vlakke en alomteenwoordige sigaret rook wat stadig opwaarts styg. Klasieke garage-rock met ander woorde. Geen wonder Kate Moss is ‘n mot vir Jamie se gloeilamp nie…

The Velvet Undergrond se invloed is sterk. U.R.A. Fever is ‘n goeie voorbeeld met sy stadige tog intense tempo en gladde woordspel tussen die twee. Cheap And Cheerfull is meer opgewek en aansteeklik. Hook And Line se sterk vokale aflewering wys haar staal, maar persoonlik dink ek hulle is meer suksesvol met gedeelde orale pligte, soos Getting Down, Last Day Of Magic, Sour Cherry en die pragtige Goodnight Bad Morning.

M.E.X.I.C.O. se punk-pop is kort en kragtig en Alphabet Pony is kopknikkend goed met ‘n vinnige semi-falsetto aflewering en twee tonale melodie.

Midnight Boom is ‘n sterk dop met twee dele White Stripes, een deel Yeah-Yeah Yeah’s, Suicide-sap en PJ Harvey ysblokkies, opgevul met Jack Daniels. …O ja, en ‘n bietjie Kate Moss vir versiering.
3.5 uit 5

Portishead
Third

Island / EMI

11 jaar is ‘n lang tyd. 11 jaar in musiek is ‘n leeftyd. So hoe klink Portishead ‘n leeftyd na hulle laaste album?

Silence begin - sekerlik een van die moeilikste opvolg albums in ‘n lang tyd - met ‘n Spaanse film sample, terwyl dringende dromme, strings en kitaar spanning bou vir wat voel soos eeue, voor Beth Gibbons se kenmerkende stem haar verskyning maak. Hunter volg teen ‘n sagte hartklop tempo met elektronika en elektriese kitaar wat elke nou en dan die rustigheid versteur. Die kloppende ondertoon van Nylon Smile en die folk en klawers van The Rip is alles goed en wel, maar is daar enige iets regtig nuut op skou?

Die antwoord kom in die vorm van We Carry On, ‘n dreunende psychedelic monster, donker, hipnoties en aanhoudend. Dis een van ‘n paar verstommende herdenkings van die alomteenwoordige ‘Portishead klank’ van die laat 90’s. Nog een is Machine Gun. Meer brutaal as wat ons aan gewoond is met sy koue meganiese ritmes, brose stem en metaal eggo’s. Dubstep se invloed hang soos ‘n donker wolk oor dié een.

Die vintage Threads eindig die vreemde album teen ‘n kruipende tempo, maar met ‘n ster vertoning van stembande en drama. En die liriek: “I’m always so unsure…” bly in my kop draai… Ek was ook eers onseker, maar Third het nou waarlik onder my vel ingekruip, en selfs meer so met elke luister.


4.5 uit 5



 




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Exchange 4 Free

Visit SA Property Monthly

Visit sterling property

Visit uproar fmx

Visit Everything SA

Visit Homecoming Revolution

Visit Prime Circle

Visit Homecoming Revolution

Visit intergate

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass