Die Stem
 
Epos 'n vriend    Epos die redakteur
Tuisblad
Nuus

Sport

Leefstyl

Reis

Gebeure

Foto's

Snuffelgids
Verspreiding
Adverteer
Oor Ons
Kontak Ons




Visit Nicro Gala Dinner

Visit Homecoming Guide


WWag dat die l..gte aan>gaan...

klitsgras


Platejoggie saam met Johnnyboi

South African theatre you don’t see every day

The Last Resort: Gierigheid ontmasker

Platejoggie saam met Johnnyboi

Platejoggie saam met Johnnyboi

Een dik stem

Shimmy Shake - Buikdansers flankeer!

Babette word ‘n slet

Platejoggie saam met Johnnyboi

Rentia gee Raad

Ongelooflike gebeure in die nuus oor die hele wêreld die afgelope ruk. 2008 beloof om een van die mees gebeurtenisvolle jare nog te wees.

Eerstens gaan die dollar drolle kak - Amerika is al so fokkin diep in 'n resessie, ek kan nie glo die Fed en die Wit Muis Huis ontken dit nie! Die credit crunch gaan die publiek verminder tot ‘n spul primitiewe mense wie se grootste tydverdryf gaan wees om rond te skarrel en hulle kosvoorraad te probeer verseker, hulle wonings veilig te hou teen ander wat weer hulle kosvoorraad probeer verseker.

Niemand gaan meer werk toe nie, want daar sal nie meer werk wees nie, omdat olie finaal uitgeput gaan wees as gevolg van die hordes dirty bombs wat op die planeet se laaste oliebronne laat val is (wie sou nou kon dink dat dit die terroriste organisasie agter die Oos-Transvaalse Skyfskiet en Jukskei Klub was). Papiergeld is waardeloos, industriële produksie het heeltemal gestaak, Jurie Els begin ‘n kinderkerk cult in die Magaliesberge, arm mense word gebruik om biltong mee te maak, die Universiteit van Stellenbosch word ‘n polisie kollege – anargie is aan die norm van die dag. Dit. Gaan. Rock!

Ek het laas week haelgeweer mounts op my motor aangebring. Volgende naweek gaan ek hom koeëlvas maak en kettingsaag-lemme op die bumbers sit. Hierdie opgraderings vir die Nuwe Wêreld Orde kom nie goedkoop nie, maar dis te danke aan die goudprys wat so wisselvallig, maar pragtig al hoe meer Noord-Oos dans. En sy gaan nog baie lank so mooi dans. Koop, voor dit te laat is.

My oorle Tant Serpneus se boedeltjie juwele kom nou erg handig. Maar al hierdie wonderlike modifikasies is nie om my teen ander mense te beskerm nie, o nee, hierdie is vir die zombie apocalypse wat nie te ver om die draai is nie, ook bekend as die wederkoms. Die mense wat glo in die tipe van ding het my ingelig dat al die tekens daar is, of te wel daai ou in Oxford Circus wat dit heel jaar lank hardop uitbasuin. Apparently moet dit nog net renoster-grootte paddas reën wat poedel-grootte sprinkane ejakuleer wat weer op hulle beurt suurreën kots. En dan gaan daar een of ander langhaar hippy wat so 2000 jaar terug gelewe het afvlieg uit die ruimte uit met 'n jetpack en dooie mense uit die graf gaan laat opstaan met inter-planetêre spirituele mojo geskenke deur John Travolta en kie. As hierdie ondood die strate begin loop moet 'n mens reg wees. Ek kan nie meer fokkin wag nie!


 


 




Vul in jou besonderhede om die 'Die Stem' nuusbrief te ontvang:
Naam:  Epos:   


Visit Prime Circle

Visit SA Property Monthly

Visit Everything SA

Visit Homecoming Revolution

Visit uproar fmx

Visit intergate

Visit Homecoming Revolution

Visit Exchange 4 Free

Visit sterling property

 
Tuisblad | Nuus | Sport | Leefstyl | Reis | Gebeure | Snuffelgids | Verspreiding | Adverteer | Oor Ons | Kontak Ons | Foto's
Site by Bluegrass